Laai nuwe liedjies (en “edit” ander)
Vanaf die linkerkant (“menu”) kies “Admin” en dan “Edit Liedjie/Verstel tyd”.

’n Lys van al die liedjies verskyn in ’n nuwe bladsy. Die liedjies kan gekies word om na te luisteer, te edit en ook om nuwes te laai. Kies “Laai ’n nuwe Liedjie”.

’n Nuwe bladsy sal dan oopmaak met die uitsluitlike doel om ’n nuwe liedjie te laai. Die program sal .mp3, .mp4a, .wav, .ogg en andere laai. Verkieslik moet .wav nie gelaai word nie omdat die formaat baie groot is en baie maklik verwerk kan word na mp3, ens. mp3 is die mees algemene vir ’n baie goeie rede.

Kies die liedjie vanaf “Choose file”. Gee dit ’n naam en dit sal help om ’n verwysing te gee. As die liedjie se woorde beskikbaar is kan dit ook in gesit word. Die inligting kan later verander word - veral die woorde van die liedjie.

Voorbeeld van ’n keuse voordat dit gelaai word.

En dit is hoe dit lyk nadat die liedjie gelaai is. Die belangrikste om te onthou is dat die musiek (ie mp3) opgelaai is na die web program. Die woorde en die tydsverstellings kan na die tyd gemaak word.

Edit die gelaaide liedjie.
Die entdoel is om die woorde van die liedjie by die musiek te pas en te sinchroniseer. En dan beskikbaar te maak om te speel. Dws ons moet die status verander na speelbaar.
Die volgende twee skufies wys hoe dit lyk as ’n liedjie klaar voorberei is en speelbaar gemaak is.
Die detail aan die bokant.
Laai inligting wat relevant is om dit maklik op te spoor vanaf die klankkontrolleerder. Die liedjie word ’n nommer toegeken wanneer dit gelaai word. Die nommer is gewoolik van beang vir operateur van die kontrolleerder, veral met die opstel van ’n erediens program.
Voeg verwysings na die oorspong en/of daar samesang is. Baie liedjies ( veral die van die oueres) het net musiek. ie die klavier en orel tipes.

Wanneer die woorde bygevoeg en tyd-sinchroniseer is lyk dit as volg. Die woorde is opgebreek “woordeblokke” sodat dit op die projektorskerm sal pas (ongeveer 40 letters by 8 rye). Die grote van die blok word linksonder aangedui. Elke blok het ’n begin tyd.

Die “woordeblok”
Die woordeblok se tyd word geset aan die linkerkant. Klik die knoppie om die begin tyd te set terwyl
die musiek speel.
Nuwe blokke word aan die regtekant bygevoeg.
Hierdie speifieke blok het 43 letters dwars. Drie meer as die geskatte wydte. Dus sal dit miskien oordra
na die volgend ry op die skerm. Daar is 6 rye - sien links onder

Verstel begintye van die blokke.
- Speel die musiek.
- Die tyd begin tik….
- As die tyd, in die geval 18.4 sekondes, groter as die blok se begin tyd is: 3.3 sekondes. Dan sal …
- Die blok grys vertoon.
As die “Set” knoppie gedruk word sal die begin tyd by 3 gelyk aan 2 geset word. Dit is maklik.
**EN ONTHOU OM “Update” GEREELD TE DOEN.
En geniet dit.
As die “Project to Projector” knoppie gedruk word kan die werklike speel op die ‘ander’ skerm waargeneem word.