Christen wees bewus

✋ Is daar ’n Waarskuwing?

Ja, daar is.

Die Evangelie - kos ook ’n prys. Die bekeerling gaan wegdraai van sy vekeerde weë en Jesus volg. Daar sal heel waarskynlik vriende en familie wees wat sal aanstoot neem en jou verlaat. Maar ’n nuwe lewe in Christus sluit ook ’n nuwe geestelike familie in.

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
— Luk 9:23

Jesus is die enigste weg

Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
— Joh 14:6

Daar is geen ander manier om gered te word nie. Jesus is die enigste weg.

Jesus is deur God opgewek uit die dode. Daar is nie ’n ander godsdiens of geloof waar die middelaar leef nie. En Jesus is die enigste manier om by God uit te kom. Hierdeur weet ons dat die ander gelowe waar Jesus nie middelaar is nie, vals en van die bose is.

Jesus kom weer

sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
— 1Thes 3:13

Indien jy nie gered (wedergebore) is wanneer Jesus weer kom nie sal jy agter gelaat word. Verskriklik is dit vir die wat agterbly.

Maar indien u wel gered is, wag onbersipelik vir Sy wederkoms.

Dit is ’n opdrag dat die kind van die Here deur die Gees moet wandel

Ons het gesien dat een van die bewyse van redding deur die Evangelie, die vervulling is met die Heilige Gees. Daaraan is ’n opdrag gekoppel.

As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
— Ga 5:25
Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
— Gal 5:16

In teenstelling, as ons nie deur die Gees wandel nie leef ons soos ons wil, maw deur die vlees.

Ons kan die Heilige Gees bedroef.

En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
— Efe 4:30

Die Heilige Gees van God wat in die kinders van die Here se harte woon, kan bedroef of selfs uitgeblus word. (Sien die waarskuwing hieronder).

Die Heilige Gees word bedroef wanneer onbelyde sonde vertroetel word / nie mee gehandel word nie. Dan sê die Bybel dat die kind van God in die vlees wandel en nie deur die Gees nie. Dit maak hom oneffektief om sy Goddelike doel te bereik. Dit is dus ’n groot gevaar waarin baie kinders van die Here hulself kan bevind.

Daar moet vrug wees.

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
— Joh 15:5,6

Die Nuwe Testament lê baie klem op vrug, vrug van die heiliges of die wat gered is. Dit is duidelik dat ons slegs vrug kan lewer indien ons in die Wynstok bly. Jesus is die wynstok. Ons kan net ware vrug lewer deur Hom. Hy word verteenwoordig deur die Heilige Gees, wat ons so pas geleer het ook in ons harte woon. Op die manier is ons gekoppel aan Jesus en dra ons vrug slegs as ons deur die Gees wandel.

In eenvoudige taal beteken dit dat as ons deur in die Gees (Heilige Gees) wandel kan ons vrug dra.

Dit is waarom Jakobus die werke met geloof koppel. Hierdie is die werke van gelowiges - in geloof.

Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
— Jak 2:17,18

Daar is ook ’n uiterste gevaar.

As jy die Seun van God vertrap, en/of teen die Heilige Gees sondig (maw Jesus verwerp) dan is hierdie ook waar.

Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
en afvallig geword het – om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
— Heb 6:4-6

#evangelie   #verlore   #versoening   #vrede   #God  

Lees ander ...


Verlore gebore

❓ Verlore Gebore

Ons leef in die sogenaamde verligte tydperk, waar die mens dink hy weet alles. Kyk net na die tegnologie: ons is voortdurend gekonnekteer, en binne sekondes hoor ons van gebeure wêreldwyd. Ja, selfs Covid is “oorwin” deur kennis en tegnologie. Wil jy iets weet? Google dit.

Lees meer...

Christus die Evangelie

✞ Wat is die Evangelie

Die grootste wonder ooit. Dat Jesus sondaars kan en wil red. Geestelike redding. Dit is die evangelie.
Wat beteken dit vir ons?

Lees meer...

Hoe om gered te word

✞ Hoe om gered te word ?

As jy by hierdie bladsy uitgekom het dan het jy heelwaarskynlik onder sondebesef gekom. Om gered te word beteken dat jy van iets verlos moet word. As jy besig is om te verdrink, moet jy uit die water gehaal word om gered te word en op vaste grond gesit word.

Lees meer...