Verlore gebore

❓ Verlore gebore

Ons leef nou in die verligte tydperk, waar die mens alles weet. Kyk net na die tegnologie. Ons is aanhoudend in verbinding met mekaar en ons word vinnig in kennis gestel oor wat in die wêreld gebeur. Ja, selfs covid was bemeester en oorkom deur ingelig te wees. Wil jy iets weet, google dit.

Maar is dit so, weet ons alles?

Kan dit ook wees dat ons mislei word. Ja, verseker.
Kan dit wees dat die mens eintlik verlore is. Ja, dit is so!

Skepper

Is daar ’n Skepper? Ja daar is. Diep binne in ons elkeen weet ons daar is. Google hoef my nie in te lig nie. Ek weet dit omdat die Skepper dit in my geplaas het. Daar is ’n soeke na Hom, ’n leemte wat gevul moet word.

Ten spyte van wat google sê. Ons kan die Skepper waarneem in die natuur en in onsself.

Wat is die doel van die skepping; Die mens. En wat is die doel van die mens: Om die Skepper te verheerlik.

’n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
— Ps 24
En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan
— Det 8:3

Maar die Skepper het ook sy skepsel ’n keuse gegee - om Hom te soek. Daarin lê die probleem en die oplossing.

Die mens

Die mens (deur Adam) het gekies en foute gemaak. En die gevolge is sonde.

Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
— Ps 51:7

Die mens word in sonde gebore en is so daardeur bedorwe. Daarin mis hy sy doel wat die Skepper vir hom in gedagte gehad het - en dit is om vanuit die Skepper se voorsiening te lewe. Sy woord - dit wat Hy sê. God se standaard is om aan Hom gehoorsaam te wees.

Die sonde het die mens so bedorwe, dat hy dit nie eers kan waarneem nie.

As iemand my so vra, glo jy dat jy ’n slegte persoon is? Sou ek sê: Nee.

Maar is dit so? Wat sê die Skepper daarvan?

Sonde

Sonde is die probleem. Sonde skei die mens van die Skepper. Dit het tussen die Skepper(God) en die mens in gekom.

As ek sou vra:

Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
— Mt 5:28
Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ’n vriend van die wêreld wil wees, word ’n vyand van God.
—Jas 4:4

Sonde is nou in die middel - tussen God en die mens.

Ons het ’n ander Middelaar nodig om ons weer met die Skepper te versoen en te verenig.

Oplossing

Is daar ’n oplosing? Ja en dit is die Evangelie.


#evangelie   #verlore   #mens   #sonde   #God  

Lees ander ...


Christus die Evangelie

✞ Wat is die Evangelie

Die grootste wonder ooit. Dat Jesus sondaars kan en wil red. Geestelike redding. Dit is die evangelie.
Wat beteken dit vir ons?

Lees meer...

Hoe om gered te word

✞ Hoe om gered te word ?

As jy by hierdie bladsy uitgekom het dan het jy heelwaarskynlik onder sondebesef gekom. Om gered te word beteken dat jy van iets verlos moet word. As jy besig is om te verdrink, moet jy uit die water gehaal word om gered te word, en op vaste grond gesit word.

Lees meer...

Versoening met God

💯 Is daar Bewyse vir die Versoening?

Ja, daar is.

Vanuit die hart (binneste) van die mens vloei sy gedrag. Dit word vir almal sigbaar.

Lees meer...