As jy by hierdie bladsy uitgekom het dan het jy heelwaarskynlik onder sondebesef gekom.
Om gered te word beteken dat jy van iets verlos moet word. As jy besig is om te verdrink, moet jy uit die water gehaal word om gered te word, en op vaste grond gesit word.
Om gered te word moet jy vergifnis kry van jou sonde. Die prys is alreeds betaal, ons moet net die genadegawe aanvaar.
Dit is die vraag wat eintlik gevra word, om gered te word, wat moet ek doen?
Glo in Jesus Christus, dat Hy jou sonde op Hom geneem het en daardeur jou verlos van oordeel. Dit is nie net om te weet van Hom nie, maar dat Hy dit vir jou persoonlik gedoen het. Dus, dit is om jou geloof op Hom te plaas dat Hy jou persoonlik verlos het. Om dit jou eie te maak.
Dan kan ons sê: Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Joh 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Jesus Chrisus kan jou red, want Hy het sy rein lewe opgeoffer vir jou sondige lewe. Dit is ’n ruil transaksie. Met sy bloed betaal vir jou bloed. Hy het jou persoonlik in gedagte gehad toe Hy aan die kruis vir sondaars gesterf het.
Jy is nou ’n wedergebore Christen en behoort aan Hom. Volg Hom alleen.
As daar nie verandering plaasgevind het nie, dan is daar iets fout - doen introspeksie. Het jy dit opreg bedoel. Miskien het die Leuenaar - die ou Duiwel - jou weer bedrieg.
Vertrou God vir verandering in jou lewe.
Bid vir “verlossing van die bose, lei my nie in die versoenking nie”. Die duiwel gaan probeer om jou geloof af te breek.
Draai om en vlug van sonde. Sonde breek jou verhouding met God.
Skakel in by die Kerk en groei saam met ander wedergebore Christene. As jy nie ’n behoefte ontwikkel het om Jesus te soek of om meer van Hom te wete te kom nie, dan is daar iewers groot fout. Vertrou God om dit aan jou te openbaar.
As u nog meer soek en wil weet wat die mens se verantwoordelikheid in redding is, koop
die tyd uit en luister na die volgende boodskap. Redding is die mees belangrikste saak in ’n
persoon se lewe.
Daar word baie leuens en verdraaings rondom die saak van redding versprei. Miskien het jy al ander
sienings gehoor oor wat hier genoem is? Weet verseker dat die saak hier bespreek sal word.
Wat moet ek doen om gered te word?Deur Dr Soon Zevenster.
❓Ek wil getuig/ wil meer weet
Ek het Christus as my Verlosser aangeneem en wil my eerste getuienis gee. Of ek wil graag
iets bespreek.
Ons leef nou in die verligte tydperk, waar die mens alles weet.
Kyk net na die tegnologie. Ons is aanhoudend in verbinding met
mekaar en ons word vinnig in kennis gestel oor wat in
die wêreld gebeur. Ja, selfs covid was bemeester en oorkom deur ingelig
te wees. Wil jy iets weet, google dit.