💯 Is daar Bewyse vir die Versoening?
Ja, daar is.
Vanuit die hart (binneste) van die mens vloei sy gedrag. Dit word vir almal sigbaar.
Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
— 2 Kor 5:17
Andere sal dit waarneem dat jy verander het. Jy kan dit nie wegsteek nie.
Daar is verskeie beloftes.
Die ‘Hom’ in die volgende vers is Christus Jesus. En ons weet dat God nie kan lieg nie, so dan staan die vas vir altyd. As jy Jesus aangeneem het, dan is jy kind van God.
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word,
aan hulle wat in sy Naam glo;
— Joh 1:12
Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God,
sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
— 1Joh 5:13
Ons ontvang die Heilige Gees by redding (versoening met God)
Wanneer ons deur die Evangelie van Christus gered word, ontvang ons ook die Heilige Gees as bewys (Soms verwys as die onderpand).
Die transformasie word ook verwys as die person se wedergeboorte. Die mens word vernuwe,
maw wedergebore, en ontvang nou die Gees van God. Wanneer dit gebeur word ons verhouding
dus met God herstel want ons het nou die Heilige Gees of Gees van God.
Die Bybel sê dat die Gees in elke wedergebore kind van God se hart leef.
Die wedergeboorte sluit aan by die vorige konsep, alles het nuut geword.
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie,
kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
— Joh 3:3
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
— Joh 3:6,7
Ons word gered vir ’n spesieke doel - goeie werke
God is soewerein en weet alreeds voor die skepping wie Hom( Christus ) as Verlosser sal aanvaar.
In sy raadsplanne het Hy ook bepaal watter goeie werke daar vir ons is. Of laat ons so dit eerder so stel, dit wat ons sal doen in sy Naam onder leiding van die Heilige Gees. Dit is waarom Paulus ook ons waarsku in Fil 2:12,3 dat ons
nougeset sal lewe en daar volgens goeie werke sal lewer.
Let wel dat die goeie werke ’n uitvloeisel is van redding, en nie werke wat ons
nie sal red nie. Geen werke kan ’n mens red nie.
Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het,
sodat ons daarin kan wandel.
— Efe 2:10
Daarom, my geliefdes, … werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
— Fil 2:12,13