Jesus het by sy hemelvaart vir elke christen ’n opdrag gegee om die evangelie te verkondig.
Hier is ’n paar pratiese hulpmiddels wat gebruik kan word om die taak te vergemaklik.
’n Praktiese metode, vertrou Jesus
Hierdie metode is seker die maklikste om te onthou en maak volkome staat op die Heilige Gees vir krag en die oortuigswerk. Ons moet net bereid wees om op Hom te vertrou en dan die opdrag uit te voer.
“Way of the master” - sonde besef.
Die “Way of the Master” is ’n baie bekende metode en was al by baie gemeentes aangebied. Hier is ’n verfrisser vir diegene wat al blootgestel was aan die program.
"Dink jy, jy is 'n goeie persoon?"
"Het jy al..."
- Gelieg - ’n leuenaar.
- Gesteel - ’n dief.
- Jesus of God se naam ydelik te gebruik - Godslastering.
- Het jy al na iemand gekyk met begeerte - egbreker.
Jy het dus self erken dat jy ’n leuenaar, dief, egbreker en godslateraar is. Volgens die wet is jy ’n sondaar en verdien die ewige dood, die hel. Gaan nou oor na die evangelie…
Die video is ’n goeie kort samevatting.
Video soos saamgestel deur “Living Waters”Kinderevangelie
Ons gebruik 5 kleure wat die volgende verteenwoordig:
- Goud - God en die hemel
God het alles gemaak en wil hê dat die mens hemel toe gaan. - Swart - Donker hart
Die mens het sonde gedoen, en sonde skei ons van God en die hemel. - Rooi - Die kruis
Jesus betaal vir ons sonde aan die kruis. Die prys vir sonde is bloed. - Wit - Skoon hart
Die bloed was ons skoon. En nou gaan ons weer hemel toe. - Groen - Geestelike groei
Net soos kinders en plante groei, moet ons ook in Jesus groei. Ons bid, lees Bybel en gaan kerk toe om van Jesus te leer.
JAM gee goeie praktiese toepassings en mooi bespreking vir elke kleur.