Wat is die verantwoordelikheid van die mens by redding? Het Jesus nie alles gedoen wat nodig is nie?
Hoekom sΓͺ die Bybel dat baie min gered sal word. Het Jesus dan nie die loon van sonde betaal nie…
Die Bybel sΓͺ dat die mense(volk) verlore gaan weens gebrek aan kennis. Tog is redding so eenvoudig
dat ’n kind dit kan verstaan.
Ons mag weet wat die oplossing is, dat Jesus die volbragte werk gedoen het. Ons weet van sy opstanding.
Ons weet dat Jesus se bloed aan God se standaard voldoen, en daardeur Sy opstanding.
Ons fokus op hierdie een boodskap van ’n reeks wat net een tema hanteer, wat ek moet doen om gered te word.
God verwag dat elke persoon ’n verantwoordelike daad of aksie moet neem sodat Sy verlossingsplan ’n
werklikheid in jou lewe sal word.
Daar is so baie leuens en verwarring oor die saak. Wat is die waarheid? Dit wat ons sal vrymaak.
π Kom ons luister na…
Wat moet ek doen om gered te word?
Deur Dr Soon Zevenster.
Vrae ?
Indien jy enige verdere navrae het en/of iets meer wil uitvind, tree asseblief hieronder in verbinding.
Ons leef nou in die verligte tydperk, waar die mens alles weet.
Kyk net na die tegnologie. Ons is aanhoudend in verbinding met
mekaar en ons word vinnig in kennis gestel oor wat in
die wΓͺreld gebeur. Ja, selfs covid was bemeester en oorkom deur ingelig
te wees. Wil jy iets weet, google dit.
As jy by hierdie bladsy uitgekom het dan het jy heelwaarskynlik onder sondebesef gekom.
Om gered te word beteken dat jy van iets verlos moet word. As jy besig is om te verdrink, moet jy uit die water gehaal word om gered te word, en op vaste grond gesit word.