Vrede van God

🤔 …As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. — Luk 19:42

deur M.R. Gschwend

As ons om ons kyk en die die dinge sien wat vandag in die wêreld gebeur, is dit vir ons almal baie duidelik dat daar geen vrede in die wêreld is nie. Oral hoor mens van haat, bakleiery, moord, oorloë, en gerugte van oorloë. Dit maak nie saak na watter media (elekronies, sosiale, radio) gekyk word nie, ’n mens vind daar vreeslike dinge wat mense aan mekaar doen vanweë sonde, haat en jarloesie. Die groot manne van die wêreld het nou vir baie jare probeer om vrede in die wêreld te bring, maar tot nog toe het niemand daarin geslaag nie. Nie alleen is die wêreld in hierdie toestand nie, maar treurig soos dit is, is daar ook in baie van ons huise nie vrede nie. Die ergste van alles is egter, die feit dat daar ’n groot aantal mense vandag in die wêreld is wat nie vrede in hulle eie siele het nie, en dis waar die wortel van die kwaad lê.

Waarom is daar geen vrede nie?

In die begin het God die wêreld geskape sowel as die gras, blomme, bome en al die diere wat onder die water sowel as die wat op droë grond woon. God het ook vir Adam en Eva geskape en in hierdie ganse skepping was daar vrede. Adam en Eva was nie vir enige van die diere bang nie, en die diere het vreedsaam en gelukkig saamgelewe. Die skaap kom saam met die leeu stap sonder dat die leeu dit kwaad sal aandoen. Maar bowe alles was daar vrede tussen God en die mens, en het God in die koelte van die aand afgekom om saam met Adam en Eva te wandel en met hulle te gesels. Hulle het geen vrees in hulle harte teenoor God gehad nie en hulle het uitgesien na Sy koms en sy verkeer met hulle.

Toe het Satan, wat die vyand van die vrede is, in die slang ingegaan en vir Adam en Eva tot sonde verlei, omdat daar geen vrede is waar sonde is nie. Satan, die vader van leuens, het vir hulle vetel dat hulle nie sal sterf nie al sou hulle ook aan God omgehoorsaam wees en van die vrugte neem wat God hulle verbied het om te eet. Nog net soveel mense luister selfs vandag nog, na die stem vsn die duiwel. So het Adam en Eva dan gedoen wat die duiwel hulle verlei het om te doen en teen God gesondig. Op daardie selfde oomblik het die vrede wat hulle geniet het, hulle verlaat – al die vrede en skoonheid wat God geskep het is deur een dag van sonde vernietig, en het vrees in die harte van Adam en Eva kom woon. Daardie selfde aand, toe God soos gewoonlik gekom het om met hulle te gesels, het hulle weggekruip en was bang vir die teenwoordigheid van God. “Daarom soos deur een mens die sonde in die wêrled ingekom het” het ook hulle, wat vandag lewe, “gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlkheid van God” (Rom 5:12, 3:23). Een sonde lei gewoonlik na ’n ander, en vandag is die hele wêreld siek van die sonde, en daarom regeer die vrede nie op die aarde nie.

God het begeer om die vrede weer aan die aarde terug te gee

God het uit die hemel neergekyk en die haat, vrees, sonde, en hartseer gesien, en in Sy groot liefde het Hy sy enigebore Seun gestuur om in ’n stal gebore te word. Jaar na jaar, tydens Kersfees, word ons herinner aan die woorde van die Engel: “Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, en dat vir julle vandag in die stal van Dawid gebore is die Verlosser wat Christus, die Here is, En dit is vir julle ’n teken: Julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat lê in die krip. En skielik was daar saam met die Engel ’n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aand God in die hoogste hemele en vredd op aarde, in die mense ’n welbehae!” (Luk 2:10-14). Jesus is na hierdie aarde gestuur “om te skyn oor die wat in duisternis en skaduwees van die dood sit, om ons voete na die pad van vrede te rig”. (Luk 1:79). Efe 2:14 vertel ons ook “Hy is ons vrede”. God het die Prins van Vrede na die wêreld getsuur, en as die mense van die daardie tyd Hom net ontvang het, kon hulle weereens in harmonie saamgeleef het.

Wat het mense met daardie vrede gedoen?

Soos Adam en Eva, het die Jode en die nie-Jode van daardie tyd verkies om God ongehoorsaam te wees en die Satan se raad te neem. Hulle het die Prins van Vrede verwerp, en toe Pilatus vir Jesus en Barrabas voor hulle geplaas het, het hulle geskree, “Weg met Jesus! Gee ons Barrabas!” Met ander woorde, hulle het gesê: “Neem weg die Prins van Vrede en gee ons haat, oorloë, moord en sonde." Hierdie mense het hulle eie vrye wil gehad en kon self gekies het sonder om daartoe gedwing te word, maar hulle het Barrabas verkies.

Hierdie dae waarin ons leef is presies dieselfde. God het ons ’n keuse gegee. Ons kan Jesus as ons Heiland en ons Koning aanneem en Hy sal vrede in ons lewens inbring. Hy sê: “Vrede laat Ek julle na, my vrede gee Ek julle, nie soos die wêreld gee, gee Ek vir julle nie”. (Joh 14:27). Die sonde in ons lewens het ons ver verwyder van God, en in ons sondige staat het ons geen vrede in ons self nie, maar Jesus staan altyd met uitgestrekte arms en wag om ons terug te ontvang, om ons te hernuwe en te reining in Sy kosbare bload, om ons krag te gee om die seuns van God te word en om ons vrede te gee. In Romeine 5:1 word gesê: “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur on Here Jesus Christus.” Daar is niks in hierdie wêreld wat ons vrede kan gee nie. Geld, rykdom en roem lan dit nie gee nie; drank kan dit nie gee nie; en selfs die plasing van ons name op ’n kerkregiser, kan dit nie gee nie.

Daar is slegs een manier om vrede vir ons siele te ontvang en dit is om na die Here Jesus te kom, ons sonde te bly voor Hom en om berou te hê daaroor en “Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Die vrede wat Jesus gee is ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan (Phil 4:7).

Dit kan nie deur die mens verduidelik word nie, maar ons kan dit in ons lewens ondervind as ons gewillig is om die wêreld te versaak en die dinge van hierdie wêreld, om die sonde en sondige vriende te versaak, en om na die Here Jesus te keer en slegs Hom te dien. Ons mag in staat wees om sonder sonde vrede te lewe maar ons kan nie bekostig om sonder vrede te sterwe nie “want die koningkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” (Rom 14:17). As ons dan nie die vrede van God in ons harte het as ons sterwe nie, sal ons sekerlik nie in Sy hemel van vrede verwelkom word nie. As ons nie die Prins van Vrede in ons lewens aanvaar het nie en ons sterwe in ons sondige staat, dan is daar slegs een plek vir ons en dit is die ewige vuur van die hel. Jy mag nie bekostig om te sterf in die toestand waarin jy nou is nie omdat jy dan vir ewig verlore sal wees, en die Woord van God vertel ons dat “die rook van jou kastyding sal vir ewig en ewig opstyg.” Dit is ’n ewige hel waarheen die sondaar gaan en ons het almal gesondig. “Daar is nie een regverdig nie, nee nie een nie.” As jy dus Hemel toe wil gaan is daar net een ding om te doen en dit is om vrede met God te maak en God se vrede in jou hart te hê en “laat die vrede van God … in julle harte heers” (Kol 3:15). Met Kersfees word ons herinner aan Jesus se koms na hierdie wêreld om die vrede te bring. Met Paastyd word ons herinner aan hoe die mense Hom van die hand gewys en gekruisig het.

Liewe vriend, gaan u ook een van die wees wat die Meester afgewys het. Of gaan u u lewe vir Hom open en Hom laat inkom? Daar is net een manier om God se vrede in jou hart te kry, en dit is om nou voor Hom te kniel, en te bieg dat jy ’n sondaar is, en Hom te vra om jou in sy kosbare bloed te was en jou Sy eie te maak; dit maak nie saak hoe sleg jy dink jy is nie, Hy is gewillig om jou te ontvang en sal niemand wegwys nie. As jy nog nooit God se vrede in jou hart ondervind het nie, kan jy dit nou ontvang en sodoende onkenbare vreugde en heerlikheid ondervind.

By ’n sekere evangeliediens het ’n ou man opgestaan en gesê: “Ek het vier konings se regering beleef, In die eerste was ons gedurig besig om oorlog te maak, en dit was ’n vreeslike tyd. Toe die tweede regeer het, het ons ’n groot hongersnood ondervind en toe het ons rotte en gras en hout geëet. Gedurende die derde het ons vyande ons oorwin en het ons hulle diensknegte geword. Maar gedurende hierdie derde se regering is ons deur ’n ander Koning besoek. ’n groot Koning, ’n goeie Koning, ’n vredeliewende Koning. ’n Koning van Liefde – Jesus die Heer van die Hemel. Hy het nou die oorwinning behaal. Hy het ons harte oorwin. Daarom leef ons nou in vrede en voorspoed, en hoop ons spoedig om saam met Hom in die Hemel te woon.”

Liewe vriend, gee nou u lewe aan Jesus. Op hierdie oomblik moet u stilhou op u afdraende pad na die hel, omdraai en die Koning van alle Konings en die Heer van alle Here dien. Jy mag vind dat baie van jou vriende jou sal verlaat, maar onthou dat Jesus gesê het “Want Ek is met jou, selfs tot aan die einde van die wêreld.”

En nou af te sluit: “Laat die vrede van God … in julle harte heers” (Kol 3:15).


Vrae ?

Indien jy enige verdere navrae het en/of iets meer wil uitvind, tree asseblief hieronder in verbinding.

Bid vir my ?

Bid asseblief vir my?


Die - CAPTCHA - is 'n vereiste om seker te maak jy is nie 'n robot nie. Dit sal die knoppie ontsluit. Lees die sewe letters/karakters en tik dit hieronder in. As dit te moeilik is om te lees, hernu die blok met die 🗘.
Aktiveer Javascript asseblief!!!


#vrede   #hart   #traktaatjie  

Lees ander ...


Christus die Evangelie

✞ Wat is die Evangelie

Die grootste wonder ooit. Dat Jesus sondaars kan en wil red. Geestelike redding. Dit is die evangelie.
Wat beteken dit vir ons?

Lees meer...

Versoening met God

💯 Is daar Bewyse vir die Versoening?

Ja, daar is.

Vanuit die hart (binneste) van die mens vloei sy gedrag. Dit word vir almal sigbaar.

Lees meer...

Christen wees bewus

✋ Is daar ’n Waarskuwing?

Ja, daar is.

Die Evangelie - kos ook ’n prys. Die bekeerling gaan wegdraai van sy vekeerde weë en Jesus volg. Daar sal heel waarskynlik vriende en familie wees wat sal aanstoot neem en jou verlaat. Maar ’n nuwe lewe in Christus sluit ook ’n nuwe geestelike familie in.

Lees meer...