'n Rein hart - heiligmaking

✨💖✨ Wat is 'n rein hart vervul met die Heilige Gees? Wat is die weg tot heiligmaking? Wat is geestelike groei en hoe om gebeur dit?

Die ondervinding van die wedergebore kind van God na die wedergeboorte is rus en vrede in die gemoed, namaat die Heilige Gees in die hart getuienis gee dat die sondes vergewe is. Verder is daar ondermeer twee begreetes, nl (1) om voortaan ’n lewe te lei wat God behaag, en (2) om andere na die Here te lei. In die begin is die kind van God vurig om te getuig van sy verlossing en bly hy ook vêr van die sonde en sondige plekke.

Dit duur egter nie lank nie, of hy gewaar dat daar in sy binneste twee neigings is, een ten goede wat ’n afsku van die sonde het, en een ten kwade, wat lus daarin vind om sonde te doen. Die neigings ontwikkel tot ’n tweestryd in die gelowige. Versoekings om sondes wat in die ongeredde dae gedoen is weer te doen, word onweerstaanbaar. Hoe meer hy daarteen stry, hoe sterker die versoekin en die gevolg is, hy gee toe aan die versoeking en doen die sonde teen sy sin. Skande en bitter berou is die gevolg. Die man het bv aan ’n slegte humeur gely, en nou lê hy hom daarop toe om nie meer kwaad te word nie. ’n Bediende maak onverwags ’n groot fout, en voor die man weet waar hy is, verloor hy sy humeur, los ’n vloekwoord en gebruik harde taal teen die man. Dit laat ’n mens saam met die apostel uitroep in Rom 7:19 “Wat die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek”.

As hierdie jong christen nie dadelik verder aangehelp word op die christelike weg nie, dan word hy naderhand so deur die duiwel oorweldig dat in baie gevalle moedeloosheid volg, en die gevolg is ’n terugsakking in die christelike lewe, waardeur die persoon soms weer terugval na die wêreld.

’n Tweede ondervinding leer dat sy getuienis kragteloos is en dat hy hopeloos is om ’n siel die heilsweg aan te wys. Maw hy is’n geestelike christen wat vir die koningkryk van God niks beteken nie. Dit en meer is die ondervinding van duisende van Gods dierbare Kinders.

Nou kom die vraag: As God voorsienning gemaak het die mens van sy sondeskuld vergifnis kan ontvang, het Hy dan nie in Sy verlossingsplan ook voorsiening gemaak om die mens in staat te plaas waar hy die lewe kan lei wat vir Hom welbehaaglik en aangenaam is nie? Die antwooord kom uit God’s Woord: Ja, daar IS vir die christen ’n beter lewe, dan ’n kragtelose val en opstaan lewe. Jesus het gekom om die verwoesting deur Satan aangerig met die sondeval, volkome te herstel deur Sy dood en opstanding, 1 Joh 3:8, Joh 10:10 sê “… Ek het gekom dat hulle LEWE en OORVLOED kan hê”. Die meeste kinders van God het kwalik lewe vir hulself, wat nog sê vir andere. Jesus sê hy het nie net gekom dat Sy dissipels kan lewe nie, maar hulle kan OORLOOP, sodat andere by hulle kan kom drink, Joh 4:14, 7:38. Dawid sê in Ps 23:5 “My beker loop OOR”.

Dis nie al nie. Jesus het vir ons aan die kruis ’n lewe uitgewerk en so moontlik gemaak waarin ons vrygemaak van sonde kan hê. Rom 6:22, 6:14 sê: “Want die sonde sal oor julle NIE HEERS NIE”. As ’n ding nie oor my heers nie, dan heers ek tog immer daaroor. Van hierdie oorwinnende lewe in God’s Woord volgens 2Pet 1:10 “… want as julle dit doen sal julle NOOIT STRUIKEL NIE”. 1 Joh 3:6 “Elkeen wat IN HOM BLY, SONDIG NIE”. Jud 24 “Hy is magtig om julle VAN STRUIKELING TE BEWAAR, en julle SONDER GEBREK voor Hom in heerlikheid te stel”. Ons sien dus daar is vir ons ’n lewe van OORWINNING en OORVLOED.

Wat dit nie is nie

’n Lewe van vrygemaak van sonde is nie ’n toestand waarin die kind van God kan kom dat hy nie meer kan sonde doen nie. Verre daavandaan. Die mens is geskape met ’n vatbaarheid vir versoeking, of liewer met ’n moontlikheid om te sondig. So is Adam geskape en so is Jesus gebore. Albei was rein en SONDER sonde, maar het die moontlikheid om te sondig. As dit nie gewees het dan het Adam nooit geval nie, en sou die Satan Jesus nooit versoek het nie. Hoewel die Satan ’n leuenaar is, is hy nie altyd ’n dwaas nie. As hy in Jesus en Adam die moontlikheid gesien het om hulle te laat sondig nie, sou hy nooit daarmee bemoei het om hulle te laat sondig nie, sou hy hom nooit daarmee bemoei het om hulle te versoek nie. Omdat die moontlikheid om te sondig daar was het hy sy versoeking-aas na Adam uitgeooi. Adam het gebyt en geval, en deur hierdie VAL het die menslike geslag geval. Rom 5:12-19. Daarvandaan is elke kind gebore met die neiging tot sonde in sy hart en ’n eiesinnige wil teen die wil van God. Ps 51:7; Job 14:4; Joh 9:34. Dit is die oorsaak dat die mens se hart sondig en verdorwe is, Gen 6:5; Jer 17:9; Mark 7:21-23; Rom2:5.

Toe die tweede Adam Jesus, kom, was hy net soos die eerste Adam, sonder sonde. Ook na Hom is die versoekings-aas gegooi op alle moontlike maniere, maar Sy vatbaarheid of moontlikheid vir sonde het hy toegehou met die Skrif: “DAAR STAAN GESKRYWE”, en die gevolg was, Satan moes teleurgesteld van Hom af weggaan. Hy was versoek in ALLE OPSIGTE net soos ons, maar sonder sonde. Heb 4:15. Deur doe versoeking te weerstaan het Jesus die oorwinning behaal, en heers Hy oor die sonde. Hy het daardeur vir u en vir my wat Hom uit en uit wil volg, getoon dat ’n lewe vrygemaak van sonde op aarde moontlik is. Daarom sê Hy in 1 Joh 3:6 “Elkeen wat IN HOM BLY, sondig NIE”.

Ons sal ’n beeld gebruik om dit te verduidelik: Iemand neem ’n kindjie en sit hom in ’n vuil kamer op ’n vuil grondvloer neer. Die kindjie is skoon gewas, maar omdat die vloer so vuil is, is die kindjie van die koppie tot die voetjies baie vuil. Nou kom die moeder, tel die kindjie op, was hom en trek hom weer skoon aan. Hierdie keer neem sy ’n groot dik kombers, gooi dit op die vuil vloer oop, sit die kindjie daarop en sê: “My kindjie, speel nou mooi op die kombers, dan sal jy skoon bly, maar net sodra jy afkruip, word jy weer vuil van die ou vuil vloer”.

So sien ons solank die kindjie op die kombers bly, bly hy skoon, want op die kombers is dit skoon maar sodra hy met sy handjie op die vloer van die kombers af druk, is die handjie vuil. Op die kombers meen nie dat hy noot weer kan vuil word nie, nee, die moontlikheid bestaan daar dat hy van die kombers kan afklim, en dan is hy op die vuil vloer en ook vuil gesmeer. Dis alleen gehoorsaamheid om op die kombers te bly dat hy skoon kan bly.

So is die lewe van vrygemaak van sonde. As die kind van God IN Christus bly, dit is die veilige weg of beweegkring, dan sal hy nie nodig hê om te sondig nie. 1 Joh 3:6.

Dis ’n bevel van God

Dis nie net vir die christen om te glo daar is so ’n lewe van OORVLOED, KRAG EN OORWINNING nie, maar dwardeur God’s Woord is dit God’s bevel om daardie lewe deelagtig te word. In Efe 5:18 kom die bevel: “Word nie dronk van wyn nie … maar word met die Gees vervul”. Hier is twee bevele in een teks: (1) Moenie dronk word van wyn nie. (2)Word vervul met die Gees. (Word dronk van die Gees)

So baie mense, en nogal kinders van God omhels die eerste bevel heelhartig, want dis ’n bevel van God, maar die tweede word nie op ag gegee nie. Waar kry so ’n persoon nou die reg om een aan te neem en die ander te verwerp? God bedoel die een net so belangrik as die ander.

In 1 Pet 1:15, 16 lees ons: “Maar soos die Heilige wat julle geroep het, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig”. Waar wil ons ’n meer direkte bevel hê as hier, doodeenvoudig: “Jy MOET HEILIG WEES OMDAT EK DIT IS”. Net so kom dieselfde bevele in 2 Kor 7:1; 1 Thes 4:7,8 en Heb 12:10,14. Dis God’s wil vir ons in die verlossing van Christus, 1 Thes 4:3.

Wat hartreiniging beteken

Om vervul te word met die Heilige Gees, vereis in die eerste plek ’n rein hart. Die hart moet volgemaak word van die Heilige Gees, en voordat dit kan volgemaak word moet dit eers leeggemaak en gereinig word, want die Heilige Gees kan nie en sal nooit deurmekaar met sondes en onreinheid woon en werk nie. ONMOONTLIK! Daarom moet die Here toegelaat word om iets diepers ondervindinglik te werk as by die bekering. Dit word soms genoem ’n tweede genadewerk.

Baie mense meen dat hulle by die weergeboorte ’n rein hart ontvang. Dis onbybels. By die weergeboorte ontvang jy ondermeer twee dinge. nl die versekering deur die Heilige Gees dat jou sondes vergewe is en die Ewige Lewe. As ongeredde is die mens dood deur sonde en misdade. By die weergeboorte word hy weer geestelikite lewendig gemaak. Efe 2:1; 1 Joh 3:14. Vergifinis van die sonde beteken die uitwissing van jou sondige verlede deur die genade van God op die soenverdienste van Jesus. Dit is die dinge wat die mens gedoen het. Die ERFSONDE, of die mag van die sonde in die mens, waarmee elke kind in die wêreld gebore is, is nie iets wat vergewe kan word nie, maar daar moet jy van verlos of gereinig word.

Hierdie sondige neiging openbaar hom baie vroeg in die kind se lewe. Daar lê bv ’n klein kindjie op ’n bedjie en skree asof die wêreld wil vergaan, en dit sonder rede. Hy het nie dors nie, en is ook nie siek nie maar wil net eenvoudig nie daar lê nie. Die moeder wat baie ander werk het om te doen, kom en tel hom op, en stil is hy, want hy het sy sin gekry. Dit is die verdorwe natuur in die kind waarmee hy gebore is, wat so maak, en dit is wat die hart onrein maak. Mar 27:21, 23.

Dit is hierdie sondemag in die mens wat maak dat die man elke tien minute sy humeur verloor. Dit is die erfsonde wat maak dat hy van sy naaste kwaadpraat, dat hy hom oorgee aan versoekings. Maw dit id die mag va die sonde in die mens wat sy hart onrein maak en sy lewe besoedel. Sondes is die gevolge van die mag van die sonde in die mens soos vrugte van ’n boom kom. Sode kan vergewe of uitgewis word, maar die mag van die sonde of die erfsonde kan NIE VERGEWE word nie. Vrugte kan van onder die boom af weggevee word maar die boom kan nie uitgevee word nie. Om die boom uit te kry, kos inspanning met ’n byl, pik en graaf. Daarom sê ons om ’n rein hart te verkry is ’n tweede genadewerk voor nodig. Daar moet iets wat lewe uit die hart geneem en vernietig word, en net die Here kan dit doen as Sy kind Hom dit toelaat.

Hierdie tweede genadewerk of hartreiniging wat in die kind van God moet plaasvind, word in ons dag deur so baie ontken en die Bybel is tog so duidelik op die punt.

Kom ons kyk na die prent van die christelike lewe wat die Here ons toon in die Ou Testament. In die geskiedenis van Isreal wat vir ons opgeskrewe is as voorbeelde 1 Kor 10:11, sien ons dat God twee groot uitstaande wonderwerke moes doen waar Israel van verblyf moes verwissel. Eers uit Egipte na die Woestyn, die Wonder deur die Rooi See. Toe weer uit die woestyn na Kanaan, die wonder deur die Jordaan.

Die tweede bewys vind ons in Gal 4:20 - 31. Hier praat die apostel met gelowiges, weergebore kinders van God. Hier maak hy vir hulle die toestand van die weergeborene duidelik. Ismael, die mag van die sonde in die mens werk vir Isak, die nuwe lewe die Heilige Gees wat in die kind van God se hart getuig teë. Hoor nou wat sê hy in vers 30: “Werp vir Ismael, die mag van die sonde, uit, Isak, die nuwe lewe, alleen, kan die land van OORVLOED be-erwe.”

Die derde bewys is die twee aspekte van die Kruis. Die kruising van Jesus was verdeel in twee dele. Van 9 tot 12 uur het Hy in die openbaar en volle sonlig gehang vir die uiterlike van die mens die dade wat die mens gedoen het, die sonde waarvan ons vergifnis moet ontvang alvorens ons die versekering van ons saligheid kan ondervind en geniet. Van 12 tot 3 uur het Hy in die midernagtelike duisternid gehang, vir die INNERLIKE, die mag van die sonde in die mens waarmee jy gebore is en wat jou as kind van God so teen jou sin laat sondig.

Die weg tot die vervulling met die Heilige Gees

Soos reeds al oor en oor gesê is moet die kind van God ’n rein hart hê voordat hy vervuld (volgemaak) kan word met die Heilige Gees. Ons vergifnis van sonde te ontvang het die sondaar as ’n verlorene sy sondeskuld na God toe gebring, en op grond van Jesus se versoeningswerk gepleit vir vergifnis en die ewige persoonlike Saligmaker ontvang.

Om ’n rein hart te verkry, kos nie net jou sondes nie maar hele hart, ja jou hele self. Dit bedoel daardie “EIE EK” wat jou lewe bestuur volgens die wil van die Satan, wat elke mens se wil van geboorte af geword het. Daardie “EIE EK” of die “SELF LEWE”, die Bybel noem dit by verskillende name wat so lekker kry in jou as iemand jou prys; wat so seer kry as iemand iets van jou sê wat jou nie aanstaan nie; wat maak dat jy jou humeur as gou verloor; wat so streef na eer; wat so graag foute van andere op die lappe bring; wat gedurig andere kritiseer, afgunstig, jaloers, trots, ens. is, moet deur die geloof aan die Here oorgegee word, om doodgemaak te word want dis iets van die duiwel wat leef in jou. Solank as wat dit in jou lewe is, sal die here nooit met Sy heerlike volheid in jou kom woon nie, want God sê Hy is ’n jaloerse God. Eks 20:5. Jesus sê, Hy of Satan, maar nie altwee nie, 2 Kor 6:14-16.

Om uself aan die Here oor te gee, of soos baie dit noem, ALLES OP DIE ALTAAR te sit baat niks as u nie die geloof het dat die Bloed deur die werking van die Heilige Gees u hart VOLKOME kan reinig van ALLE SONDE nie. 1 Joh 1:7. Israel moes geloof hê dat God hulle in Kanaan sou inlei en bewaar teen al die magtige nasies, al het hulle soos sprinkane in die nasies se oë gekyk. Ons sien dat die wat nie gegelo het nie, het in woestyn gesterwe. So moet u voordat u die stap neem, glo dat die Here u VOLKOME KAN REINIG, anders help alles niks. Heb 11:6, en die gevolg sal wees dat u sal glo u het iets waarvan u die ondervinding nooit sal kry nie.

Die eerste stap dan: u bereken die prys, Luk 14:27-30. Sien u kans om die Here Jesus te volg war Hy u mag lei? OM waar nodig van u vriende of diebares prys te gee? Om misverstaan en vals beskuldig tw ord? Om terwille van die waarheid gehaat te word? Om te breek met elke boesemsonde of gewwonte waarvan die Heilige Gees u mag oortuig? U sê ja, kaom dan en gee u onvoorwaardelike aan die Here oor net soos u is met u swakhede en gebreke sowel as met u talente.

Deur die onverdeelde oorgawe vereenselwig u uself met die dood van Jesus aan die Kruis. Om ALLES oor te gee beteken dat u GEE DIE HERE NOU DIE REG OM ALLES IN U DOOD TE MAAK WAT NIE UIT GOD IS NIE, en dat Jesus voortaan ALLES in u lewe sal wees, dat u eerste en grootste liefde SYNE sal wees. Dat u Hom die EERSTE PLEK gee bo u dierbares, u besitting en u toekoms ideale.

As u ALLES OORGEGEE het GLO dat die Here hierdie offer aangeneem het, want net wat die mens gee, neem Hy. Dank Hom dat waar u uself aam Hom oorgegee het, HY U HART NOU REINIG. Hy is getrou en sodra die oorgawe met ’n onverdeelde hart gedoen is, doen die Heilige Gees deur die toepassing van die Bloed die werk onmiddelik. Dis alles ’n GELOOFSAAK. Vra nou met die GELOOF dat u hart rein is, dat Hy u rein hart moet vervul met Sy Heilige Gees. GLO HY DOEN DIT DADELIK en dank Hom daarvoor AL VOEL U NIKS.

Hier is nou ’n gevaar waar die duiwel baie welnemende ernstige soekers na die voleid, laat skipbreuk ly. As u by die punt kom om die Here te dank dat Hy u rein hart gevul het met Sy Heilige Gees dan is die Base dadelik by om te sê: “die Here het dit nie gedoen nie, want jy voel dan niks”. Moet tog nie daarduer afgeskirk word nie. Die Here werk NIE DEUR GEVOEL nie, maar deur geloof. Sodra ALLES in orde is sal u ’n ondervinding hê wat u nooit sal vergeet nie.

Dit gaan met hierdie genadewerk soos met iemand wat ’n huis gekoop het en wat dit nou in besit neem. Eers moet die vorige eienaar uittrek met AL sy goed, dan maak die nuwe eienaar die huis skoon, en as dit skoon is, bring hy sy meubels in, sit dit soos hy dit wil hê, daarna kom hy hom vestig en woon dan daarin as sy eie woning.

As u voor God weet dat u eerlik gehandel het, hou dan aan om Hom te dank dat Hy u vervul HET met SY Heilige Gees totdat u die ondervinding kry. Laat die Bose influister wat hy wil.

Voordat u die ondervinding kry, sal die getroue, Heilige Gees u miskien oortuig van sonde in u lewe soos, jaloesie, afguns, eer, twyfel, kritiek, ens. Moenie met die Heilige Gees redeneer nie, bely dit en vra dat Hy u daarvan moet reinig. Hy sal u miskien oortuig van ’n misdaad aan ’n medemens gedoen. Al kos vernedering of wat ookal, gaan maak dit reg. Elke vernedering deur die Here oor u gebring, meen ’n verhoging deur Hom. Sodra u bely en reggemaak he wat u van oortuig geword het, kom die ondervinding dat die Heilige Gees u hart vervul. O, wat ’n voorreg vreugde en genot om die ondervinding te hê dat Jesus, die Seun van God self, die Vader deur die werkinge van die Heilige Gees in u hart kom woon. Joh 14:23.

Wat is die ondervinding

U sal nou vra watter ondervinding u moet verwag. Wees tog net gewaarsku dat u nie die Here voorskryf watter ondervinding u wil hê nie. Hy wat ons karakters ken, werk met elkeen op sy eie manier en laat Hom nie beperk nie. 1 Kor 12:7-11.

Party mense kry die ondervinding deur ’n heerlike vreugdesinstroming en baie gemoeds-aandoenings. Andere kry dit deur ’n ongekende diepe stille rus en vrede in die gemoed. ’n Ander kry dit deur ’n ondervinding van oorwinning oor versoekings wat vroeër ongekend was. Ander weer, kry dit deur krag in sy getuienis of arbeid sodat mense tot bekering kom. Nag ander kry dit deur ’n openbaring van Jesus in ’n gesig of ’n droom. So kan u sien dat daar baie maniere is waaop u die onderviinding kan kry. Een ding kan ons u verseker dat as die Heilige Gees u hart vervul het, SAL JY DIT WEET.

Die weg van heiligmaking

1 Thes 4:3 “Dit is die wil van God julle heiligmaking”. Soos ons reeds in die begin gesien het wil God hê dat ons hele lewenswandel moet heilig wees, 1 Pet 1:15, 16. U kan nie ’n heilige lewe lei as u nie vervuld is met die Heilige Gees nie. Heiligmaking is NIE iets wat u kan aanneem en in ’n oomblik ontvang nie. Dis ’n lewenslange werking wat deur die Heilige Gees gedoen word aan die siel van hom en haar wat die krisispunt van Rom 7:24 bereik het, en wat deur ’n geloofsvereenselwiging met die dood en opstanding van Jesus, ’n rein hart ontvang het en vervuld geword is met die Heilige Gees. Vanaf die oomblik dat u die ondervinding kry dat u vervuld is met die Heilige Gees, werk die Heilige Gees vry in u om u aan die beeld van Jesus gelykvormig te maak. Dit is heiligmaking. Dit beteken om ’n afgesondere lewe vir God te lei, afgesonder van sode en die wêreld.

’n Afgesonderde of gegheilige lewe beteken om daagliks so aan die Heilige Gees oorgegee te wees, om u lewe so volkome aan Hom toe te vertrou, en om ALLES wat Hy sê gehoorsaam te wees, sodat hy ongehinderd die gesindheid en lewe van Jesus deur u lewe kan openbaar.

’n Beeldhouer wat besig is om uit die nuwe rots die beeld van ’n engel te kap, laat ons dink aan wat die weg van heiligmaking is. Hy kan nie met een hamerslag daar ’n engel uitslaan nie, maar neem sy tyd en dit met verskillende soorte gereedskap. Eers ’n groot hamer, dan kleiners, later ’n baie ligte hamertjie met ’n byteltjie, dan growwe skuurpapier en eindelik fyner skuurpapier. Na maande van versigtig werk, sien ons daar staan die pragtige beeld van ’n engel.

So neem die Heilige Gees tyd u lewenslank, om, namate u u oorgee aan Sy wil, die beeld van Jesus in u uit te werk. Die gevolg van heiligmaking is dat as Jesus verskyn, sal die geheilige aan Hom gelyk wees. 1 Joh 3:2. Die aardse dop sal afval en die hemelse vorm sal tevoorskyn kom en daarmee sal u die heerlike ewigheid ingaan om vir altyd by Jesus te wees.


Vrae ?

Indien jy enige verdere navrae het en/of iets meer wil uitvind, tree asseblief hieronder in verbinding.

Bid vir my ?

Bid asseblief vir my?


Die - CAPTCHA - is 'n vereiste om seker te maak jy is nie 'n robot nie. Dit sal die knoppie ontsluit. Lees die sewe letters/karakters en tik dit hieronder in. As dit te moeilik is om te lees, hernu die blok met die 🗘.
Aktiveer Javascript asseblief!!!


#Heilige Gees   #geestelike groei   #rein hart   #heiligmaking   #tweede genadewerk   #traktaatjie  

Lees ander ...


Hoe om gered te word

✞ Hoe om gered te word ?

As jy by hierdie bladsy uitgekom het dan het jy heelwaarskynlik onder sondebesef gekom. Om gered te word beteken dat jy van iets verlos moet word. As jy besig is om te verdrink, moet jy uit die water gehaal word om gered te word en op vaste grond gesit word.

Lees meer...