Hoe om gered te word. Verse uit die Bybel wat lei tot saligheid, redding en ’n lewende verhouding met God.
❓ Weet jy verseker waar gaan jy die ewigheid deurbring?
“Dit het ek geskrywe..
sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het …”
– 1 Johannes 5:13
⚠︎ Niemand kan die Hemel verdien nie :
“Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van
God is die ewige lewe”
– Romeine 6:23
“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God:
nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie.”
– Efésiërs 3:8,9
⛓️ Almal is sondaars :
“Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.”
– Romeine 3:23
“Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.”
– Psalm 51:7
“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.”
– 1 Johannes 1:8
🤍 God is liefdevol :
“… Ek het jou liefgehad met ’n ewige liefde”
– Jeremia 31:3
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigegebore Seun gegee het, sodat elkeen wat
in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
– Johannes 3:16
⚖️ God is regverdig en moet die sonde straf :
“… en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.”
– Jesaja 5:16
“U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid.”
– Psalm 45:8
“… die siel wat sondig, dié moet sterwe.”
– Eségiël 18:4
✞ Jesus het vir ons sondes gesterf :
“God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het
toe ons nog sondaars was.”
– Romeine 5:8
“Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop: maar die HERE
het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”
– Jesaja 53:6
🙏 Ons ontvang die ewige lewe deur Geloof :
“Want uit genade is julle gered, deur die geloof.”
– Efésiërs 3:8
“… Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word.”
– Johannes 6:47
✞ God bied vandag vir jou vergifnis aan :
“As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig on ons die sondes te vergewe
en ons van alle ongeregtigheid te reinig”
– Johannes 1:9
“Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was jou sondes soos
skarlaken, dit sal wit word soos sneeu…”
– Jesaja 1:18
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur
oopmaak, sal ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
– Openbaring 3:20
❓ Wil jy nie ook graag seker wees dat jou sonde vergewe is en dat jy die ewige lewe het nie?
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
– Johannes 14:6
🙏 Deur die volgende gebed te bid kan jy Jesus aanvaar as jou redder :
Jesus ek bely ek is ’n sondaar. Ek glo dat U die Seun van God is en vir my sondes
gesterwe het. Ek bely my sondes en vra dat U dit sal vergewe. Jesus kom in my lewe
en en vul my met die Heilige Gees sodat ek U kan volg, en kan leer hoe om met U te
wandel.
Dankie Jesus.
Amen
❓Wat gebeur nou nadat ek God vertrou het om my sondes te vergewe?
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het
verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”
– 2 Korinthiërs 5:17
“Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van
God te word.”
– Johannes 1:12
⚠︎ Wat word van my as kind van God verwag?
- Bybel - Lees jou Bybel elke dag en elke nag.
- Gebed - Bid elke dag tot die Here Jesus.
- Kerk - Aanbid in ’n Kerk wat jou van die
Bybel leer.
- Gemeenskap - Hou gemeenskap met ander kinders van Here.
- Getuig - Vertel ander wat Jesus vir jou gedoen het. Gebruik hierdie boekie om hulle ook na Jesus toe te lei.
samegestel deur gideonjbrown@gmail.com
Ek het Christus as my Verlosser aangeneem en wil my eerste getuienis gee. Of ek wil graag
iets bespreek.