✞ Die pad na saligheid in Romeine
Geestelike redding kan net plaasvind wanneer ’n mens besef dat jy verlore is. Sondebesef word deur
die Heilige Gees in die persoon bewerk. Redding kan net plaasvind deur die werking van die Heilige
Gees. Hy oortuig van sonde, geregtiheid en oordeel.
Die woord in die geskrywe sal nie lewe tensy die Heilige Gees dit vir jou lewend maak nie.
en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
— Joh 16:8
Romeine verduidelik die toestand van die mens in diepte en is ’n goeie riglyn tot geestelike weergeboorte
( ie versoening en vrede met God - jou Skepper).
1. Erken jy is verlore
want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
— Rom 3:23
2. Aanvaar God se Geskenk
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe
van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
— Rom 6:23
3. Christus die enigste Verlosser
maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus
vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
— Rom 5:8
4. Doen dit nou - hoe om gered te word
As jy met jou mond die Here Jesus bely en
met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
— Rom 10:9
5. Jy is vry gespreek
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus
is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
— Rom 8:1
Bid die sondaars gebed en glo wat jy hardop spreek
Here Jesus, ek is ’n sondaar . Ek bely en erken dat ek vandag verlore is.
Dankie vir die kruis waar U vir my sonde betaal het. Al verdien ek die hel,
hoef ek nie daarheen te gaan nie. Vegewe asseblief nou al my sondes. Was my nou
skoon in U bloed. Beklee my nou met U geregtigheid en maak my ’n nuwe mens.
Ek nooi U in my lewe in. Ek gee my totale lewe aan U om te maak soos U wil.
Ek neem dit as ’n feit dat U my nou vergewe het; dat ek skoon gewas is deur U
bloed; dat ek nou ’n nuwe mens is wat ’n nuwe lewe begin; dat ek weergebore
is en U kind is van hierdie oomblik af! Ek verklaar dat U die Here is van my
lewe.
Amen.
Ek het Christus as my Verlosser aangeneem en wil my eerste getuienis gee. Of ek wil graag
iets bespreek.